RSS

Begeerte en sy trawante.

15 Aug

Daar is altyd maar ‘n ou begeertetjie wat iewers in die hart kamers sit en loer. Begeerte sit daar en wag vir ‘n eensame maatjie om verby te swerf. Dan sal hy die alleenloper gedagte in nooi vir ‘n geselsie en kort voor lank nooi hulle nog pêlle. As jy weer sien braai Begeerte en sy trawante vleis en voor jy kan sê ‘hartkloppings’ begin hulle moeilikheid soek met die bure. Dis nou ene Rein Gedagte en sy familie.

Nou ou Rein is nie veel van ‘n raasmaker soos sy buurman nie, nee hy hou maar net die buurt se gebeurtenisse dop en glimlag. Die soort glimlag wat ou Begeerte nie kan verdra nie. Soms loer Begeerte oor die muur en sien hoe Rein en sy vrou Liefde, met hul kinders Vrede en Plesier buite speel. Ou Begeerte stap dan sommer die huis in en gaan sit langs sy derde vrou Verleiding op hul leer Lay-Bye rusbank. Saam met hul kinders Kwaad, Skinder en Depressie lê hul die heeldag op die naat van hul rug en sien uit na die volgende Glomail ad op tv.

Rein Gedagte vertel altyd die mooiste stories van sy groot ouers, Identiteit en Oorsprong Gedagte. Hulle was blykbaar reeds lank voor die dorpie Pretville al daar. Altyd wanneer Rein van hulle praat dan helder ou Begeerte se hele gesig op. Soos hy hom inleef in Identiteit en Oorsprong  se wêreld verander sy olimpiese kort afstand hartklop in ‘n kalm vloeiende rus……. Dit is vir hom so lekker en hy ontsnap na ‘n ou bekende wereld. Die tyd toe hy nog op sy geboorte naam geroep was, Genoeg. ‘n Glimlag soos die van Rein vorm op sy gesig.

Toe eweskielik roep Verleiding hom, want sy vriend Bargain het nou net gebel van die mall af en gevra of hy moet vleis en bier bring.

Advertisements
 
1 Comment

Posted by on August 15, 2012 in My pad se kronkels

 

One response to “Begeerte en sy trawante.

  1. Schalk

    August 20, 2012 at 10:00

    Die Here praat nogal baie met my oor begeerte die laaste jaar. Ek dink ons probeer baie keer dinge van die meer sondige natuur hanteer sonder om die begeertes self te hanteer. Interesant, maar Jakobus leer ons dat ons deur ons begeertes weggevoer raak, en dat die begeerte omsit in sonde, en die sondes in die dood. Jou begeertes bepaal jou eindbestemming – nie jou sonde nie.
    Dit smeek die vraag: Hoekom probeer ons dan die sonde hanteer in plaas van die begeerte? Dis die rein van hart wat God sal sien. Dalk moet ons onsself afvra oor hoekom sekere begeertes nog vassteek? Ek vermoed die nare waarheid sal wees dat ons tog die begeerte beskerm, want die vlees geniet die gevoel wat die begeerte nalaat. Miskien is dit tog vir my lekker om na ‘n ander vrou te kyk – maar ek is te bang om dit te sê. En so bly koester ek begeerte en kry ek nooit oorwinning nie. Totale eerlikeheid oor hoekom ons sekere begeertes het, het die vermoë om ‘n nuwe volwassenheid en vryheid voort te bring…

     

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: