RSS

Ministry or Secular????

Over the past 20 years I have been really priviledged to have worked in a variety of different industries and reaching the top in almost every organization that I have started out with.
Straight after school I went into missions in Southern Africa. After this
I worked as a site manager in construction. I studied theology, marketing and tourism (never finished any degree). Managed a backpackers lodge, managed and later owned a restaurant. Worked as a tour guide in Northern Namibia. Served as a Youth Pastor and tried to be a teacher.
I became CEO of one of the biggest Non Profit youth organizations in South Africa. I’ve been a salesman and Life Coach and I pastored a church. I have also manufactured and sold swimming pools.
Sounds hectic hey?
I WON’T LIE TO YOU, IT WAS. My wife can testify to that.

Before you leave the page, you might be glad to know that for the past 5 years I have been a manager and owner in the Hardware Retail industry.
There have been times in my life where I was hugely discouraged and things seemed to have never worked out. It took me 15 years to find my niche and I must tell you that those 15 years have prepared me so well for where I am today.

I really love God with all my heart and about 80% of the time I made a move to a new job, I was sure that I was led by His Spirit. I never understood what was happening, but the one thing I held on to, was prophecies over my life and a strong belief that everything works together for the good for those who loves the Lord.

There has always been an enormous battle in my heart between secular work and ministry. And this was one of the main reasons that I have ventured in and out of jobs so many times. When I was working in a secular job I always missed ministry and felt that I am letting God down. When I was in ministry I always new that I could be an entrepreneur and felt as if I was letting my family down.

I have realized that with God there is not an either/or. He first loved me, just as I am. He named me before I was in my mother’s womb and loved me before the foundations of this world was formed. I have learned to rest. I have learned that nothing I could do for God can make him love me more. He loved me to death, even before I walked this planet.
After this realization something amazing happened. I took a couple of weeks off for prayer and interviewed family and old friends. I asked them what they though my strengths, gifts and passions were. I asked them where in life they have experienced me the happiest.

These answers, previous prophecies over my life and secret desires in my heart, led me to a better understanding of what I had to offer the world. This made it possible for me to understand “God’s Calling” for the first time. His calling over my life is summarized in one phrase “TURNING HEARTS INTO NEW CREATIONS”…THINC
Now I work in an industry where we are helping customers to restore there homes daily. We are also buying and restoring businesses that failed in the past. And we just love ministring to ministries that needs organizational restoration and getting back to the original dream God had for them.

You see, it is not either business or ministry. But it is about finding that one thing, that one word, that makes you come alive. Take that one thing and apply it to all areas of your life. The Kingdom is not found in ministry. It is found in God’s Heart. Rest in Him and serve His people with that one thing that triggers you. May it be in ministry or secular, to Him it doesn’t matter. As long as He can stay your first love.

Much love

Jaco

 
1 Comment

Posted by on June 27, 2016 in Uncategorized

 

Tags: ,

CALLING

CALLING…. what a wonderful word.

My parents are CALLING me every sunday.
My wife is CALLING the kids for lunch.
My friends are CALLING me Jakes, my kids call me Dad.

This wonderful word can be used in different sentences and contexts, but I think it has mainly two functions.
One, to draw closer
Two, to identify

I believe that Father God is CALLING each and every living thing. Especially us, humans, the crown of His creation.
He is CALLING us to draw closer. To feel Him, hear Him, know Him.
As we answer this call, we start to understand our CALLING. Our identity unfolds in our minds. Our purpose gets rooted in our hearts.

I believe that I was CALLED for the Restoration of His original plan in the hearts and minds of people and organizations.

Please feel free to follow this new blog as I try my hand at writing and hopefully inspire you to live His authentic dream for your life.

Jaco Hyman

#calling
#passion

 
Leave a comment

Posted by on June 26, 2016 in Uncategorized

 

Tags: ,

Glo jy…

Ek glo in God, waarskynlik jy ook. Om die waarheid te se, in die grootste gedeelte van Suid Afrika en ook hier in die Loskop Vallei sal die meeste mense ook belei dat hulle in God glo.

‘n Klompie jare gelede het hierdie geloof in God storie my baie begin pla. As jong man, vars uit die skool, was my grootste begeerte om vir God te werk. Ek wou met als in my ‘n sendeling word, en het ook. In my tyd as sendeling onder die Himba, Herero en Damara mense in Namibie, het ek geweldige belewenisse en avonture gehad saam met die Here. Hier waar dit moeilik was om mense te oortuig en te getuig van my geloof in God, was waar die grootste wonderwerke gebeur het. Hier waar mense die swaarste gekry het, is ook waar die grootste fonteine van lewe opgespring het na ‘n aanraking van ‘n liefdevolle Skepper.

Elke 4 maande moes ek terug groot stad toe om te gaan terugvoer gee oor stand van sake in die veld. In die begin was ek baie opgewonde oor hierdie geleenthede, maar dit het gou verander. Om die waarheid te se, ek was na elke besoek aan my stuur gemeente baie verward. Dit was vir my baie moeilik om te aanvaar hoe kinders van God, wat elkeen waarskynlik drie Bybels iewers in die huis het, en waar daar weeklikse byeenkomste saam met ander gelowiges was, so dood kon wees binne. In my gedagtes was baie vrae. Hoe is dit moontlik dat die wat glo in die Bron van Lewe, so dood is binne? Hoe is dit moontlik dat die wat glo in die God van Liefde, met soveeel selfverwyt, jaloesie en kwaad in hul hart rond loop? Hoe is dit moontlik dat die wat glo in die God van wonders, nooit enige van hierdie wonders beleef nie?

Soos ek ouer geword het in vlees en gees, het ek begin verstaan. Ek verstaan dat ons groot word in ‘n kultuur waar ons leer om in God te glo. Daar word vir ons ‘n veilige omgewing geskep waar ons dan ook hierdie geloof maklik kan beoefen. Die gevaar is wanneer ons geloof net nog ‘n item word in ons week. Ons begin as te ware ons geloofs lewe beplan en beheer soos wat ons ander aktiwiteite beplan en beheer. Dit veroorsaak ‘n skyn geloof waar ons met die mond bely, maar ons harte is ver van God af.

Vriende, GOD GLO IN JOU. Jy hoef nie ‘n sendelig te word om avonture en belewenisse saam met Hom te he nie. God het jou so lief dat Hy ‘n ruil transaksie aangegaan het vir jou lewe. 2 Kor 5:21 se, Dat Hy sy Seun wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak het, sodat ons kan word wat Hy is, die geregtigheid van God. Hy glo soveel in jou, dat Hy jou gekies het om mede arbeider te wees en dan sodoende ook die boodskap van versoening aan jou toevertrou het. (2 Kor 5:18) Jy, my vriend, is ‘n maaksel van die Almagtige Skepper. Die Een wat jou in Sy beeld geskep het (Gen 1), wat jou uitverkies het voor die grondlegging van hierdie wereld (Efes 1) om saam met Hom te heers uit hemlse plekke. Nie eendag nie, NOU.

Jy sien, die probleem met die meeste mense in my gemeente was nooit hul geloof in God nie, dit was die feit dat hul nie geglo het dat God in hulle glo nie. Vandag nog is daar baie van ons wat dink ons lewens is te stukkend dat God in ons kan glo. Sommige van ons is in die gewoonte om Hom in ons program in te skryf, maar Hy sit eintlik en wag dat jy Hom vra om jou program te beplan.

Vandag is ek ‘n entrepreneur van ‘n lokale besigheid, en die Lewende God bly my fontein van lewe. Ek kan lief he, omdat ek weet Hy het my eerste lief gehad. Ek verwag wonders in elke dag, omdat Hy deur sy Gees, my wil verras en verbaas om elke hoek en draai. Hy jaag jou na, jy is kosbaar vir Hom. Hy het jou lief met Sy lewe.

GLO JY, DAT GOD GLO IN JOU?

 

 

 
Leave a comment

Posted by on March 1, 2015 in Uncategorized

 

Andries van Craig

Gister was Sondag en ‘n fantastiese Sondag daarby. My vrou se tante, ‘n geweldige interressante mens in haar eie reg, het ons genooi vir middag ete. Nou as ‘n tante wat vir jou alles van jou stamboom tot by Van Riebeeck kan uitlê jou nooi vir Sondag middag ete, dan kanselleer jy alle afsprake en jy trek jou beste velskoene aan.

Oppad stop ons by Woolies vir ‘n bossie rose en ‘n bottel wyn en daar trek ons. Met die Fiesta in 1ste rat teen Swavelpoort se berg uit, kry ek hierdie opgewondenheid in my hart. Amper soos die Voortrekkers moes gevoel het oor nuwe grond.

Net toe ek die voordeur van die groot kliphuis ingaan sien ek in die voorhuis ‘n figuur voor ‘n rekenaar onder ‘n dik leer baadjie en ‘n bofbal pet. Omdat daar altyd swerwers van een of ander aard by ons tante se huis inwaai, kon ek nie help om te wonder wie die karakter is nie. ‘Middag’ sê ek in sy rigting, en hier kom hy, effens krom na die sit, maar baie flink. ‘n Sterk hand druk myne en onder die pet steek ‘n neus se punt en ‘n groot glimlag uit. ‘Andries’, stel hy homself voor. Met ‘n kop knik groet hy ook my vrou en keer terug na sy rekenaar. Ek kon nie help om te wonder wat hy mee besig was nie.

Ons stap die kombuis binne. ‘n Reuk soos uit my moeder se plaas kombuis oorval my spoeg kliere. Nou wonder ek oor Andries en ek wonder oor die pot in die oond. DIe kombinasie oorweldig my in ‘n stil swye. Ons tante vertel vir ons allerhande nuus en luister hoe my dogtertjie vir haar ‘n ‘Sus en Daan’ of iets soortgelyks lees.     My oë sien alles, my ore hoor niks, maar in my binneste wonder ek of Andries saam met ons gaan kom eet. Waar kom hy vandaan, hoe lyk die res van sy gesig, wat doen hy op daai rekenaar?

Kort voor lank word die tafel gedek, ek tel die borde…..sewe, agt, nege….. yesss!!!! Hy moet kom eet. Die man was nog skaars in die kombuis toe stop ek ‘n glas Nederburg Grenache in sy hand en vra ‘Drink jy wyn Andries?’ Hy haal sy pet af, en ek sien die oë van ‘n ouer man, die jare lê op sy voorkop. My boere opvoeding skop in en ek besef dis ‘Oom’ Andries. Om nie te lyk asof ek omkant betrap was nie, skiet ek met die volgende vraag, ‘Wat doen oom daar binne, skryf oom?’ ‘Nee’, antwoord hy, ‘Dis sommer ‘n bewysstuk vir ‘n hofsaak’. Hy sit aan tafel en sê niks verder nie. Die leer baadjie wat hy aan het vang weer my oog. Dis baie mooi en dit lyk baie warm. Hy sien ek oog sy baadjie en vertel dat hy dit in Kanada gekoop het toe hy vir ‘n jaar daar gebly het. Net daar toe weet ek, hier kom ‘n interressante middag en ek maak sy glasie vol.

Net soos ek weer wonder oor die pot in die oond bring ons tante die pot en nog een en nog een en nog een. Swaar yster potte met deksels op. ‘My spoeg loop sommer uit’, sê oom Andries. Die gedagte van die woorde sit nie so lekker op my tante se gesig nie, maar ek weet wat hy bedoel. Die deksels kom af, eerste rys, toe ‘n blomkool en kaas gereg, en toe…. skaapboud waarvan die sous in die braai aartappels ingetrek het. My tong raak droog soos ander dag se biltong toe my spoeg kliere alle vog uit die atmosfeer uit trek. En toe, die laaste pot, bees stert met wortels en nog aartappels in ‘n sjerrie sous. Ek vang oom Andries se oog en ek besef, hy sing nou in die selfde engele koor as ek. Ek maak mos maar altyd net boere kos sê my tante nederig met ‘n stoutigheid in die hoek van haar mond.

‘So waar bly oom nou’, vra ek. Die Nederburg begin nou die spoed van sy gesels aanhelp en ek skink vir hom nog. ‘Ek bly in Craig, soos die van, Craig. Craig, Colorado in die Noord Weste van Amerika. Dis die dat ek die warm baadjie het. Dit raak in die winter -40′, sê hy en le weg aan die aartappels.

Oom Andries van Craig vertel vir my die heel middag die mees interressante feite van sy dorp. In my verbeelding roep hy weer die prentjies wat ek as skoolseun gevorm het oor Amerika na vore. Hy vertel van ‘n boere gemeenskap waar die 16 jarige seuns met groot Ford bakkies skool toe ry, ‘Tot vyf gewere agter die sitplek’, sê hy. Volgens oom Andries het almal in Craig vuurwapens. Tom, die vriend by wie hy bly, het blykbaar nie minder nie as twee-en-dertig gewere. In my agterkop is daar ‘n frons wat ek te bang is om op my gesig te wys. ‘Craig het geen misdaad nie, want almal het vuurwapens’ vertel hy, en net daar besef ek ek moet nou hierdie gesels eers in ‘n ander rigting stuur. Miskien omdat ons die hele week hoor van doodslag in Marikana, miskien omdat die storie vir my so bietjie dikker raak as die tante se kaas sous.

‘En die mense?’, vra ek. ‘Og, die meisies…’ en hy sluk aan sy Nederburg. ‘Jy weet, daar werk die jong meisies in die veld met rooi check hempies, stetsons, boots en blou denims. Net soos jy op tv sien. Hulle werk met grawe met sulke lang stele en groet as jy by die draad verby stap. Hulle is net soos ons mense’. My skoolseun prentjies raak nou glads te lewendig.

Allerhande Cowboy flieks speel in my gedagtes af en ek mis ewe skielik ‘n perd, ‘n 303 en ‘n foksterriër. ‘Waarmee boer hulle oom?’ ‘Mielies, baie mielies. Daar eet ons die hele jaar groen mielies, elke dag.’ Hy vertel weer vir my van vriendinne in die dorp en herinner my dat die mense van Craig net soos ons boerevolk is. ‘Nou hoe het oom daar uigekom?’ vra ek nuuskierig. ‘Craig is the Hunting capital of America’ sê hy met ‘n glimlag wat ek al iewers gesien het. Hy vertel dat hy mal is oor jag en gewere. Hy vertel van verskillende bokke en wolwe en ‘n jas wat hy wil maak van beer vel.

Die storie maak my lus vir pyp rook en ewe skielik onthou ek waar ek daai glimlag vandaan ken. Dis die glimlag van satisfaksie. Dieselfde satisfaksie glimlag wat die Peter Stuyvesant cowboy agter op die Huisgenoot altyd gehad het. Die selfde satisfaksie wat in die hoek van my tante se mond weg gekruip het toe sy haar boerekos voorsit.Die boerekos het my laat huis toe verlang en oom Andries het nog baie dinge gesels, van stap in die Rocky Mountains tot koffie in Kenia, maar al wat by my kom stil staan het was ‘n gevoel.

Oom Andries van Craig (nie sy van nie), het weer ou drome en prentjies kom oproep en hulle ‘n hupstoot gegee die toekoms in. Of sy feite almal reg was, die weet ek nie, maar die Sondag middag stories daar in Swavelpoort, was ’n werklikheid vir my. Hoe weet ek dit? Die glimlag in die hoek van my mond.

 
Leave a comment

Posted by on August 20, 2012 in Swerwers op my pad

 

Prentjies van die Hart

Fotografie, nou daar is nou vir jou ‘n topic waaroor ons almal kan gesels. Almal van ons wat hier lees het al so paar duisend fotos in ons lewens gesien. Baie van ons het ook al so paar duisend geneem.

Ek dink nou sommer aan my fotograaf pelle, regte egte fotograwe. Manne en vroue met ‘equipment’. Mense wat vir kursusse gegaan het en wat ‘n lewe uit die kiekies uit maak. Hierdie ouens en meisies inspireer ons almal op een of ander wyse. Ek dink aan Morkel Erasmus se natuur en wilde diere foto’s. Susan Retief se pragtige troues en kinder gesigte. Kim Janse Van Rensburg met die pragtigste couple shoots, en o ja, haar katjies en kuikens by die huis. Lizelle Coetzer met haar laaste effens abstrakte album, “Die wereld deur my oë”. En ook Lood Goosen se pragtige modelle en ewe pragtige bikes.

Hierdie fotograwe is almal mense saam met wie ek iewers ‘n draai deur die lewe gestap het. Sulke suiwer mense. Mense wat ‘n passie vir die mooi het en dit ook so vir ons weergee. Hierdie is die ouens en meisies wat die verantwoordelikheid verdien het om hul kuns met ons te deel. Hulle maak dat ek nie kan wag om hul volgende album op facebook te sien nie. Hulle inspireer my om verder te dink as net aan die dag se gejaag. Hulle help my om te ontsnap na hul eie wereld. Baie dae sit ek met frustrasie wat voel soos ‘n meulsteen om my nek, en dan kom ontvoer Morkel my gou Kgalagadi Park toe en Kim laat my weer verlang na langbeen sit op Potloodspruit.

Dan dink ek ook aan elkeen van ons wat ons prentjies op facebook deel. Meeste van ons se ‘equipment’ strek so ver soos ‘n Blackberry Curve (wat waarskynlik swakker foto’s neem as my ouma se Nokia), maar dis goed genoeg. Dis goed genoeg, want dit vertel ‘n storie, jou storie. Ek besef al meer dat die dinge wat ons in ons hart value, ook die dinge is wat ons op facebook, twitter en allerhande ander plekke post. Voor al hierdie tegnologie moontlik was het my ouma een keer ‘n jaar ‘n skool foto van my in die pos gekry, en dan het sy geweet dit gaan goed met my, want my grys skool hemp is nie gekreukel nie, my hare is skoon en soms was daar ‘n klaskaptein balkie op my linker lapel. Vandag is dit moontlik dat sy my elke dag kan  sien, en nie net my oulike sproete en blink hare nie. Nee, vandag gee ek vir ouma en die hele wereld ‘n kans om my hart raak te sien.

Jy sien, wanneer ek kyk na facebook, sien ek jou hart. Ek sien jou begeertes en jou lawwigheid. Ek sien jou verslawing en jou omgee. Ek sien wat jy lief en wat jy haat. Soms wens ek ek was in jou wêreld, soms bid ek jy was liewer in myne. Net soos Lood, Susan en die ander met ‘equipment’ die gawe het om ‘n ware weergawe van die oomblik deur te gee, net so gee die fotos van jou hart vir ons die ware weergawe van jou.

Sit bietjie terug nadat jy hier gelees het. Sit terug vir ‘n oomblik maak jou oë toe en dink aan die prentjies van jou hart….. Wat value jy? Wat begeer jy? Sit net so bietjie terug….. en dink

 
1 Comment

Posted by on August 19, 2012 in My pad se kronkels

 

Tags: , ,

‘n Baie lekker Blog Post vir almal wat al ‘n entjie gestap het.

diegouelouter

Terwyl ek op my boude sit en ‘n uit-die-vuis-uit stap stok aan mekaar slaan, besef ek weereens op ‘n amper Sokratiese wyse dat daar in alle dinge maar prototipes is. As jy lank genoeg kyk, dan sien jy hulle raak. Ek dink nie mense val opsetlik in hierdie patrone nie, ek dink net dat daar partykeer maar net soveel verskille kan wees.

Stappers het ook sekere prototipes. Maar in hierdie geval is dit meer asof elkeen van ons hulle partykeer betree.

Die heel eerste tipe is natuurlik die klakouse. Hierdie tipe bevat twee sub-tipes: Die prontuit en die subtiele. Beide is maar irriterend siende dat hulle die res van die span se gemoed kan beïnvloed. Die oomblik wat ‘n stapper kerm dan is die eerste gedagte deur my kop “agge nee, ek hoop nie hierdie gaan heelpad aanhou nie.” Darem wanneer jy die patroon van ‘n prontuit neuler opmerk kan ‘n…

View original post 909 more words

 
Leave a comment

Posted by on August 16, 2012 in Ander se spore

 

Begeerte en sy trawante.

Daar is altyd maar ‘n ou begeertetjie wat iewers in die hart kamers sit en loer. Begeerte sit daar en wag vir ‘n eensame maatjie om verby te swerf. Dan sal hy die alleenloper gedagte in nooi vir ‘n geselsie en kort voor lank nooi hulle nog pêlle. As jy weer sien braai Begeerte en sy trawante vleis en voor jy kan sê ‘hartkloppings’ begin hulle moeilikheid soek met die bure. Dis nou ene Rein Gedagte en sy familie.

Nou ou Rein is nie veel van ‘n raasmaker soos sy buurman nie, nee hy hou maar net die buurt se gebeurtenisse dop en glimlag. Die soort glimlag wat ou Begeerte nie kan verdra nie. Soms loer Begeerte oor die muur en sien hoe Rein en sy vrou Liefde, met hul kinders Vrede en Plesier buite speel. Ou Begeerte stap dan sommer die huis in en gaan sit langs sy derde vrou Verleiding op hul leer Lay-Bye rusbank. Saam met hul kinders Kwaad, Skinder en Depressie lê hul die heeldag op die naat van hul rug en sien uit na die volgende Glomail ad op tv.

Rein Gedagte vertel altyd die mooiste stories van sy groot ouers, Identiteit en Oorsprong Gedagte. Hulle was blykbaar reeds lank voor die dorpie Pretville al daar. Altyd wanneer Rein van hulle praat dan helder ou Begeerte se hele gesig op. Soos hy hom inleef in Identiteit en Oorsprong  se wêreld verander sy olimpiese kort afstand hartklop in ‘n kalm vloeiende rus……. Dit is vir hom so lekker en hy ontsnap na ‘n ou bekende wereld. Die tyd toe hy nog op sy geboorte naam geroep was, Genoeg. ‘n Glimlag soos die van Rein vorm op sy gesig.

Toe eweskielik roep Verleiding hom, want sy vriend Bargain het nou net gebel van die mall af en gevra of hy moet vleis en bier bring.

 
1 Comment

Posted by on August 15, 2012 in My pad se kronkels